Voel jy dalk bedreig?
Oorweeg die volgende tien stellings eerlik. Dit sal in ‘n mate ‘n aanduiding gee of jy onseker en bedreig voel.
- Jou beste en eerste antwoord is gewoonlik: “nee.”
- Jy moet persoonlik alle besluite goedkeur en die uitkomste van besprekings kontroleer.
- Almal op die span werk “vir” jou en nie “saam” met jou nie.
- Jy gebruik die woord “ek” meer as die woord “ons.”
- Jou idee van delegeer is om vir mense te sê wat hulle moet doen, hoe hulle dit moet doen en wanneer dit gedoen moet word.
- Jy sê baie meer: “Doen dit” as wat jy vra: “Wat kan ons doen?”
- Niks gebeur; of niks mag gedoen word, sonder dat jy behoorlik daarvan kennis dra nie.
- Jy is kronies besig om die besluite wat die Span geneem het te verander of te herroep.
- Jy beheer die beskikbaarheid van inligting aangesien dit jou ‘n gevoel van mag gee.
- Jy tree baie streng op teenoor persone wat fouteer.
Miskien speel ek duiwelsadvokaat ... maar ek reken dat dit tog ‘n goeie basis kan vorm in die evaluering van jou leierskapstyl.
“Die span is groter as die man.” Dr GC Horak
No comments:
Post a Comment