Ons het gister goeie dienste geniet ... bywoning was ten spyte van die langnaweek nie sleg nie. Ons het verseker diegene wat as gevolg van die langnaweek nie teenwoordig was nie gemis, maar ons het nietemin heerlike dienste geniet.
Ek deel graag kortliks 'n paar gedagtes met julle ...
Die reeks boodskappe wat Dok bedien is insiggewend en inspirerend. Dok bedien 'n reeks boodskappe wat handel oor die verhouding tussen die Kerk en Israel - met spesifieke verwysing daarna dat die kerk nie 'n soort geestelike Israel is nie. Dit is BAIE DUIDELIK twee verskillende entiteite en God werk met elkeen op 'n unieke manier.
DissipelLand personeel demonstreer hulle passie vir kinders. Ten spyte van die langnaweek het die personeel van DissipelLand (VEK Kerugma Kinderbediening) besluit om steeds 'n program aan te bied. Dit maats het dit geniet, en sommer lekker partytjie gehou saam met Boeta wat gister (08-08-10) verjaar het.
Die Diakonie van die VEK Kerugma is werklik 'n raakvat wenspan! Ek is so trots op hierdie span! Hulle is entoesiasties, hulpvaardig, doelgerig en vriendelik. Verseker ware ambassadeurs van die VEK Kerugma. Alles verloop met elke diens seepglad - net die bewys daarvan dat hulle hierdie saak met erns opneem.
Die waarde van fellowship. Ons kuier elke Sondagaand na verloop van die diens saam in die saal. Daar is altyd heerlike koffie en tee ... en natuurlik iets om te eet. Die verskeie groepe dames wat die kuier@kerugma aande beplan en hanteer doen dit meesterlik. Mense kuier en gesels tog te lekker, en is glad nie haastig nie. Dit is heerlik om net te luister hoe mense lag, gesels en kuier - bykans of hulle mekaar maande laas gesien het.
DIE BESTE Lê NOG VOOR
PCdeJ
09-08-10
No comments:
Post a Comment