Ons het die afgelope naweek (30 Julie – 1 Augustus 2010) 'n Vroue Konferensie te Mpumalanga gehou. En alhoewel daar soveel hoogtepunte was, wil ek graag net die volgende gedagtes met julle deel wat ons uit hierdie naweek geleer het:
- Beplanning. Daar is die afgelope 11 maande deeglik beplan. Reëlings is voortdurend noukeurig gekontroleer.
- Kommunikasie. Wat sal dit jou baat indien daar deeglike beplanning is, maar daar is nie deeglike kommunikasie nie. Voortdurende kommunikasie en deursigtigheid verhoog lojliteit.
- Spanwerk. Dit is wanneer daar 'n gemeenskaplikheid bestaan tussen almal wat betrokke is, en elke persoon gedissiplineerd sy verantwoordelikheid nakom.
- Waardering. Wanneer daar op verskeie maniere waardering gekommunikeer word, hou dit mense entoesiasties. Dit laat mense ook besef dat jy hulle nie bloot net gebruik nie, maar dat jy hulle nodig het en dat die goeie samewerking en wedersydse respek vir mekaar se uniekheid die Saak bevorder.
- Dissipline. Geen saak kan suksesvol ontwikkel word tot die volle grootte daarvan sonder die nodige dissipline nie. Mense moet weet wat van hulle verwag word, en hulle moet by hierdie verwagtinge "gehou" word.
- Vriendelikheid. Wees beslis in jou optrede, maar altyd vriendelik.
- Doelgerigtheid. Wat is die sin daarvan indien jy van die Here verneem het wat om te doen; en of indien julle beplan het om 'n taak op 'n bepaalde manier te hanteer, en dan eenvoudig net daarvan af te wyk?
- Afhanklikheid. Dit is om te besef dat julle mekaar nodig het - EN DAT ELKEEN BESLIS VAN DIE HERE AFHANKLIK IS - om te doen wat daar gedoen moet word.
- Goeie kontakte. Dit is om die regte mense op die regte plekke te ken - dit is om DIE GUNS VAN DIE HERE TE GENIET. Moet nie hierdie guns as vanselfsprekend beskou nie, en moet NOOIT mense se goedheid misbruik nie!
- Bestuur van tyd. Moet nie tyd mors nie. Wees betyds. Beplan jou dag.
- Teenkanting en teenspoed. Tree volwasse op. Moet nie in 'n bekgeveg betrokke raak met mense wat bedreig voel; of wat nie jou visie deel nie. Jy weet wat jy van God ontvang het, jy weet wat jou motiewe en passie is. Omdat jy oortuig van God se wil is oor dit wat jy doen - is dit ook die mandaat waarmee jy optree.
- Paraatheid. Hiermee bedoel ek eenvoudig dat jy nie met mense moet praat oor dit wat God in jou hart inspreek voordat die tyd reg is nie, want sommige mense is vyande van jou visie. Maar dit is tog belangrik dat jy 'n binnekring-vriend-vennootskap sal hê met een of meer persone wat saam met jou kan bid en gesels oor die voornemens wat jy in jou hart opneem.
- Afsonderding. Al die bogenoemde sal van geen waarde wees indien die dringendheid van gebed nie beklemtoon word nie. Dit gaan nie bloot net om bepaalde kennis en vaardighede nie. Dit is UITERS NOODSAAKLIK om te besef dat jy eenvoudig van geen saak 'n sukses kan maak indien jy nie van die konstante inspraak van die Heilige Gees afhanklik is nie.
JULLE IS DIE BESTE!
Ons waardeer elkeen vir julle se unieke en besondere bydrae om van die konferensie die sukses te maak wat dit was!
Dankie dat jy toegelaat het dat die Heilige Gees op so besondere manier deur jou kon werk om gestalte te gee aan God se wil!
1 comments:
Die vrugte wys en ons kan getuig van julle sukses !! Dankie vir hierdie post
Post a Comment