Tuesday, May 18, 2010
Wednesday, May 5, 2010
Behou fokus
Daar is soveel dinge wat ons aandag kan wegrokkel van dit wat God ons geroep het om te doen. En wanneer jy ingee vir hierdie versoekings en beproewings gebeur dit dikwels dat ‘n mens hoop verloor, en dat dit vir jou voel asof niks meer die moeite werd is nie.
Ek wil jou aanmoedig om weer te besin oor die roeping wat God oor jou lewe gesanksioneer het, en die wonderlike bediening wat Hy jou gegee het om jou te bemagtig om ‘n radikale verskil tot sy eer te maak.
Wees visionêr! Dit beteken dat jy moed en hoop vir die toekoms het. Die vraag na die geldigheid of die waarde van dit wat jy moet doen as jou gehoorsaamheid aan God se wil, word nie bepaal deur die gunstigheid van jou persoonlike omstandighede nie, maar deur die blote feit dat God deur jou wil werk om sy Koninkryk uit te bou. Om visionêr te wees beteken om in essensie die vooruitsig van ‘n beter toekoms te hê.
VOLHARD OM TE DOEN WAT GOD JOU GEROEP HET OM TE DOEN!

Subscribe to:
Posts (Atom)