Friday, April 29, 2011

Dankbaarheid oor die mense in my lewe


"Ek dank my God elke maal as ek aan julle dink - en ek bid altyd in al my gebede vir julle almal met blydskap." [Fil 1:3, 4]


Dankbaarheid oor die mense in my lewe.

My grootste rykdom -- is my mense!

Die eerste en die beste plek om hulle name te noem, is in gebed. Om te bid dat hulle die Here bo alles sal behaag, en dat hulle God se wil vir hulle lewe sal LEEF! Dit is verseker ook my trots om te sien hoe passievol hulle die Here liefhet en dien.

Dit is 'n onuitspreeklike troos om te kan sĂȘ: By my mense is ek veilig. Hulle verstaan my. Hulle vertrou my. Hulle sien die beste in my ... Hulle verdra my ... ja, ek is veilig in hulle liefde. Hoe ons sonder enige inhibisies eenvoudig net onsself by mekaar kan wees -- dit is ware geborgenheid.

Om te sien hoe elkeen van hulle ontwikkel en die asemrowende potensiaal wat God in hulle geplaas het ontdek, ontgin en uitleef.

Ek kan my geensins die lewe voorstel sonder hulle nie. Ek vier elkeen se uniekheid met dankbaarheid teenoor die Here.

Ek het julle lief ... BAIE!!
Ek geniet julle vooruitgang ... JULLE IS WENNERS!!


 

Fil 1:6

Julle is my rykdom,
Heleen, Reuben, Cobus


 


 


 


 

No comments: